Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

6

Die Forster & Andrews orrel word nog steeds elke Sondag gehoor, en gereeld in die openbaar bespeel by troues, begrafnisse, musiekuitvoerings en feesgeleenthede. Gedurende die afgelope eeu is hierdie pragtige instrument deur geslagte gemeentelede en vriende onderhou, tot eer van God, en as trots en bate van die Hopefield en Weskus gemeenskap. die NG Kerk gemeente van Hopefield is in 1852 gestig. In 1909 is daar besluit om die kerkgebou, wat toe dertig jaar oud was, te vergroot en die bestaande klein pyporrel met ‘n groter, nuwe orrel te vervang. In 1911 word ‘n kwotasie van £740 10s 0d aanvaar, en die kontrak vir die bou van die orrel aan mnre. Forster & Andrews, Hull, Engeland toegestaan. Volgens die rekords van Forster & Andrews is daar ook ‘n verdere nege orrels na Suid-Afrika uitgevoer.

Die vergrote kerkgebou en die nuwe orrel is op die 20ste Desember 1911 ingewy.  Die instrument was met ‘n handpompmeganisme voorsien, om sodoende wind aan die blaasbalke, windkaste en pype te verskaf. Dit is later vervang met ‘n elektriese motor, alhoewel die ou handpomp nog steeds op die regtekant sigbaar is. Die meganiese-aksie registers aan beide kante van die manuale is van ivoor, met die name van die pypreekse in swart gegraveer. Die registers, of “drawstops” soos dit in Engels heet,  word deur die orrelis uitgetrek namate hy of sy ‘n spesifieke klank Great manual

Open Diapason 8  Clarabella 8

Dulciana 8  Principal 4 

Harmonic flute 4 Fifteenth 2

Posaune 8

Swell manu Al (enclosed)

Horn Diapason 8 Rohrflote 8

Viol d’ Gamba 8 Voix Celestes 8

Geigen Principal 4 Harmonic Piccolo 2

Closed Hornb 8

Pedal

Bourdon 16

Double Open Diapason 16

Couplers