ONS KERKGEBOU
Ons kerkgebou is voorwaar ‘n baken aan die Weskus en ook saam met Hopefield die ‘eiendom’ van die gemeenskappe van Saldanha,Vredenburg en Langebaan omdat sy die moeder is van hierdie gemeentes wat direk of indirek van haar afgestig is.
Die oorspronklike kerkgebou is in 1879 opgerig en was gou te klein om aan die behoeftes van die gemeente te voorsien. In 1909 is besluit om die gebou te vergroot deur twee vleuels en die kerktoring aan te bou. Hierdie ‘nuwe’ gebou is in 1911 ingewy.
Die klein Hopefield gemeente het ‘n baie groot verantwoordelikheid om die gebou in stand te hou sodat dit ‘n aanwins vir die Weskus kan bly.
GEMEENTE EN KERK
Die stigting van die dorp het saamgeval met die stigting van die gemeente. Tot en met die stigting, het die hele area onder die Malmesbury gemeente geresorteer. Na die stigting van die Hopefield gemeente, is die Vredenburg en Langebaanwyke as buitedienste van Hopefield bederf.
Vredenburg het omstreeks 1902 afgestig en Langebaan in1988.
13 Desember 1851
Die eerste gemeente “Zouterivier word gestig.
Mei 1853
Die kerkbode berig dat die naam na Hopefield verander ter ere van Mnre. Hope(Doenebeampte)en Field (Sekrataris van die Regering)
Kerkdienste word aanvanklik in ‘n waenhuis / graanskuur gehou op die plaas “Langekuil” waar die nuwe dorp sou verrys.
15 Januarie 1854
Die eerste leraar, Ds J.H. Neethling, pas afgestudeer in Nederland, word bevestig.
Maart 1856
Die nuwe Pastorie word voltooi (te sien in Tuinstraat -‘n pragtige gebou!) Koste £575
‘n Aardbewing en baie swaar reëns verswak die fondamente van die waenhuis/ graanskuur waar kerk gebou is. Ook die Pastorie word beskadig.
3 Julie 1876
Toestemming word verleen om ‘n nuwe kerk te bou.
8 Januarie 1877
Die hoeksteen van die kerk word gelê.
3 September 1879
Die nuwe kerk word ingewy.
11 Julie 1904
Ds. Neethling tree na 50 jaar en 6 maande uit die bediening. Hy en sy gade kry lewensreg op die pastorie.
Die kerk word vergroot. Twee sykante, ‘n toring en nuwe ligte en banke word daargestel. Aangesienolielampe eers gebruik was, is oorgeskakel na aseteleen wat later weer ge-elektrifiseer is.
Let op: Dat die middelste ligte 10 krone het en die res 5 krone. Nuwe banke (£300) vervang die oues.‘n Kerkhorlosie vir die toring is uit Nederland ingevoer teen £150. ‘n Groter orrel is ook uit Hull Engeland ingevoer teen ‘n koste van £740 10s. Tien van hierdie orrels is na S.A ingevoer.Aangesien die orrel sentraal in die kerk geplaas is, moes die besondere preekstoel na die kant verskuif.
Januarie 1917
Ds. J.H. Neethling sterf op die ouderdom van 88 jaar. Hy word op die Kerkgronde begrawe. Sy gade sterf in1930 en word langs hom te ruste gelê.
‘n Pragtige monument is in 1918 tot sy eer opgerig